Gebore om te skop ! (Cobus Claassen Beeld)

20140404-084755.jpg

PRETORIA. – Niemand in wêreldrugby kan die bal van 60 meter af met soveel beheer deur die pale skop nie. Dit is ook nie iets wat jy kan aanleer nie.

Só sê Vlok Cilliers, die Bulle se skopghoeroe, oor die Haaie se Frans Steyn, wat ondersteuners vanjaar opnuut laat regop sit met die reuse-skoppe wat hy dié seisoen deur die pale jaag.

Die ander skopper wat die manne om die vleisbraaivure aan die gesels het, is die Leeus se Marnitz Boshoff.

Cilliers, wat ’n groot rol gespeel het in die Springbok-losskakel Morné Steyn se akkurate korrelwerk in sy loopbaan, sê Suid-Afrikaanse rugby is geseënd met skoppers soos Boshoff, Pat Lambie en Steyn-hulle.

“Boshoff wys dié seisoen hoe belangrik ’n goeie skopper vir ’n span is. Dit is die verskil tussen wen en verloor en hy het al ’n paar wedstryde vir die Leeus gewen.”

Cilliers sê Heyneke Meyer, die Bok-afrigter, moet iewers vir Frans Steyn plek kry in sy agterlyn. “Frans kon nog altyd ver skop, maar hy doen dit deesdae met meer beheer. Hy het ’n unieke vermoë en jy kan nie vir ’n beter ou vra om van 50 meter of verder aan te lê nie.

“Die meeste van sy 18 stelskoppe vanjaar is van sowat 50 meter af en hy het 78% daarvan oorgeskop. Dit is voortreflik.

“Frans vir die ver skoppe en Morné vir die ander. Jy kan nie vir ’n beter kombinasie vra nie.”

Statistieke wat Cilliers oor die jare heen opgeteken en ontleed het, wys skoppers skop al hoe beter pale toe.

In 2005 was skoppers se gemiddelde suksespersentasie in die Super 12 tussen 60% en 65%.

Teen 2008 het ouens soos Derick Hougaard en Dan Carter in die 70’s inbeweeg.

Die Wallaby Stirling Mortlock het in 2009 ’n ongekende prestasie in die Superrugby-reeks behaal toe hy 85% van sy skoppe (29 uit 34) oorgeklits het.

Daar is tot dusver dié seisoen sewe skoppers, Fred Zeilinga (Haaie), Marnitz Boshoff (Leeus), Simon Hickey (Blues), Demetri Catrakilis (Stormers), Jacques-Louis Potgieter (Bulle), Lima Sopoaga (Highlanders) en Nick White (Brumbies), bo die 80%-kerf.

Zeilinga se 100% kom nadat hy die afgelope naweek met 7 uit 7 skoppe teen die Waratahs in die kol was. Boshoff met sy puik 33 uit 35 skoppe (94%) is tweede op die skoplys.

Cilliers sê die spelers oefen harder en hul tegnieke verbeter met die hulp van tegnologiese vooruitgang. “Jy kan eintlik deesdae nie meer ’n skopper ’n kontrak aanbied as hy nie ’n suksespersentasie van 80% of meer het nie.”

Hy sê skoppers sal op aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi – soos in die verlede gewys is – weer ’n deurslaggewende rol speel.

“Jy kies eerste jou skopper en dan die res van die span.”

20140404-084831.jpg

Advertisements

About VlokSkop

Vlok Cilliers is highly regarded as one of the finest kicking coaches in South Africa. Both Morne Steyn and Derek Hougaard credit much of their success to Cilliers, who has helped them immeasurably over the years. Vlok spent most of his rugby career with Western Province and on 17 August 1996, he earned a Springbok test cap against New Zealand in Durban. In 2004, Vlok became the kicking coach for the Blue Bulls. Since then, he has done tremendous work with the likes of Derek Hougaard, Morne Steyn, Francois Brummer and Louis Fouche, and is widely regarded as one of South Africa's top kicking coaches. Vlok recently joined Supersport as a technical commentator during live rugby games
Aside | This entry was posted in New Talent and tagged , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s